Noag se ark (Hebreeus: תיבת נח; Bybelse Hebreeus: Tevat Noaḥ) was volgens die Bybelse boek Genesis 'n groot skip wat Noag vir sy gesin en 'n paar van elke dier op aarde gebou het om die sondvloed wat die ganse wêreld oorstroom het, te oorleef.[1] Daar was agt mense op die ark: Noag, sy vrou en hulle drie seuns en skoondogters.
Volgens Genesis het God Noag 'n bevel met instruksies gegee om die ark te bou. Sewe dae voor die vloed het God Noag beveel om die ark saam met sy gesin en diere te betree. Die verhaal beskryf verder dat die ark die vloed weerstaan het, en uiteindelik soos die waters weggesyfer het, het dit tot rus gekom op die berg Ararat.
Die storie word herhaal, met variases, in die Koran, waar die ark verskyn as Safina Nuh (Arabies: سفينة نوح "Noag se boot").
Die Genesis vloedverhaal is soortgelyk aan verskeie vloedmites van 'n verskeidenheid kulture. Die vroegste bekende vloedmite is die Sumeriese mite gevind in die Epos van Zisudra[2]
Soektogte vir Noag se ark is gemaak sedert ten minste die tyd van Eusebius (c.275–339 VC) en duur tot vandag voort. Daar is tans geen wetenskaplike bewyse vir 'n wêreldwye vloed nie, ook met vele ekspedisies is geen bewys van die ark gevind nie. [3][4][5]